Versit Berge (Afrikaans Edition)


Meer

★★★★★ Reviews

🌱Met elke Encouraging Bookstore aankoop, belê jy in ander lande regoor die wêreld waar ons sagtebandboeke saai deur AL ons winste te gebruik, nadat ons ons tiende gegee het. ASSEBLIEF, LEES MEER>>

Die rol en seëninge wat God vir vrouens het, in Sy ontwerp van die vrou, is al jare terug deur die Feministiese Beweging gesteel. Alhoewel die doel was om vrouens dieselfde regte as mans te gee, het dit veroorsaak dat vrouens geen ander keuse het as om enkel moeders te word nie, om dikwels nie net vir hulself te voorsien nie, maar ook vir hulle manlike bywoners. Vrouens het hulself nie van mans vrygemaak nie, soos wat hul gesê het hul wou bereik nie, maar in plaas daarvan, het vrouens ‘n obsessie ontwikkel om ‘n man te hê, enige man teen enige koste. Dit is egter nie ‘n verrassing dat die Bybel profeet gesê het tye soos dié, sou kom nie. Jesaja 4.1 NLV sê, “Daardie dag sal min mans nog lewe. Sewe vroue sal met mekaar oor een man baklei en sê: ‘Laat ons almal met hom trou! Ons sal ons eie kos en klere verskaf. Gee ons net jou naam sodat hulle ons nie as kinderloses uitkryt nie!’”

Dit is vrouens soos Michele, wat geroep is om die weg te baan vir vrouens wie hulself binnekort alleen gaan bevind, sonder ‘n man, of kinders, of ‘n gesin. In hierdie reeks, wat uit vyf boeke bestaan, neem Michele ons saam met haar op haar reis, ‘n reis wat haar nie gelei het om dit wat sy verloor het terug te kry nie, maar ‘n reis waarop sy ‘n verhouding so sterk, so vervullend en so vol vrede gevind het, dat sy ‘n inspirasie vir ons almal is

Baie van wat ek in hierdie boek gelees het, toe dit eers net beskikbaar was vir die vrouens in haar kerk, het ek gebruik om die vrouens in my eie bediening te help. Elkeen van ons moet die ongesproke waarhede, wysheid en vryheid bymekaarmaak wat Michelle ervaar en gedeel het in hierdie dinamiese boek vir vrouens.

Ek is geëerd om Michele my vriendin te noem en deur dit wat sy, met deursigtigheid, met ons in hierdie boek deel, sal elkeen van ons ontdek hoe ons kan uitstyg bo elke situasie wat Hy ons roep om deur te gaan

Erin Thiele

Restore Ministries International

★★★★★ Reviews

Submit your review
1
2
3
4
5
Submit
     
Cancel

Create your own review

Versit Berge
Average rating:  
 0 reviews

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *